AfrForum neem sterk standpunt in teen Bela-wette

AfriForum en ander organisasies het tydens openbare raadpleging in Gauteng sterk standpunt ingeneem teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette. Die klousules in die wetsontwerp word beskou as ‘n bedreiging vir gehalte onderwys, die besluitnemings-bevoegdhede van ouers en demokraties-verkose skool-beheerliggame. AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey, glo die wetsontwerp bedreig die toekoms van gehalte onderwys en gemeenskappe se reg op selfbeskikking oor hul kinders se onderwys.