Afrikaans vier vandag amptelik sy 98ste verjaardag

Afrikaans is vandag amptelik 98 jaar oud. Die taal is op 8 Mei 1925 amptelik as taal in Suid-Afrika erken. Afrikaans word op die Afrika-vasteland ook wyd in Namibië en Botswana gepraat. Elizma Theron van Netwerk Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jong, dinamiese taal gepraat…