Vier Namibiërs gaan oor Engelse Kanaal swem

Vier Namibiërs sal in Julie oor die Engelse Kanaal vanaf Engeland na Frankryk in ‘n aflos-formaat swem. Christopher du Plessis, wat die oudste Namibiër sal wees om oor die Engelse Kanaal te swem, sal by die Engelse Kanaalkruisings-vereniging moet registreer en streng kwalifikasie moet ondergaan. Die vier sal sonder duikpakke in koue water swem. Hulle sal hierdie uitdaging doen ten bate van die Ladybug-trust. Du Plessis het meer gedeel met Kosmos 94.1 Nuus…

Hy het beroep op die publiek gedoen om die span te ondersteun aangesien hulle dit op eie koste doen…