DBN ontwikkel Waagkapitaafonds vir SME’s

Die Ontwikkelingsbank van Namibië is in die proses om ‘n Waagkapitaal-fonds te ontwikkel en te vestig, as die derde been van die nasionale finansiering-strategie vir klein- en medium-ondernemings. Die inisiatief erken die belangrikheid van dié ondernemings in die Namibiese ekonomie en poog om onder andere toegang tot befondsing en kapitaal vir SME’s te verbeter. Die bank se hoof uitvoerende beampte, Martin Inkumbi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat….

Hy sê dit volg na aanleiding van ‘n studie wat gedoen is om uit te vind wat die uitdagings vir SME’s is.