Hongkong verwyder politieke boeke uit biblioteke

Die Hongkongse leier, John Lee sê openbare biblioteke moet toesien dat hulle nie boeke aanhou wat veiligheidswetgewing oortree nie. Hy het gereageer op kritiek op die verwydering van boeke oor die 1989 Tiananmen Plein-slagting uit openbare biblioteke. Hy sê biblioteke kan nie materiaal aanhou wat nie in Hongkong se belang is nie. Hongkong, wat in 1997 deur Brittanje aan China teruggegee is, het wydlopende vryhede gehad, maar veral sedert 2019 is daar toenemende beperkings op individuele vryheid. Meer as 40 persent van boeke en video’s met sogenaamde politieke temas is sedert 2020 uit openbare biblioteke verwyder.