Capricorn-stigting steun steeds landelike skole

Namibiese onderwys is in die moeilikheid met swak uitslae, maar die Capricorn-stigting het sy verbintenis versterk om positiewe verandering in die onderwyssektor teweeg te bring met sy voortgesette ondersteuning aan EduVision. Dit is ‘n projek wat 19 gemarginaliseerde staatskole regoor die land ondersteun, wat meer as 10 000 leerders en 350 onderwysers in landelike skole insluit. Die stigting ondersteun die EduVision-projek sedert 2020 en het tot dusver 1,38 miljoen Namibiese dollar toegewys, waarvan 540 000 dollar vanjaar. Hierdie program word tans by drie skole in die Ohangwena-streek op die proef gestel. Veripura Muukwa, Bank Windhoek se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…