Agri-SA maan oor impak van hoë fases van beurtkrag  

Agri-SA waarsku Suid-Afrika kan langtermyn-voedselsekerheids-kwessies te wagte wees indien hoë fases van beurtkrag voortduur. Die organisasie noem ook die tekort aan vee- en bees-entstowwe, wat waarskynlik kort- tot mediumtermyn-prysstygings sal veroorsaak. Die gemiddelde koste van ‘n huishoudelike kosmandjie het reeds tot meer as 5 000 Suid-Afrikaanse rand per maand gestyg. Christo van der Rheede van Agri-SA doen ‘n beroep op die sektor om vrygestel te word van beurtkrag van hoër as fase ses, en om ‘n groter belastingkorting in te stel op diesel wat vir kragopwekkers gebruik word.