Namibië word verbruikersland van dwelms

Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie Joseph Shikongo sê dwelmmisbruik in Namibië is ‘n groeiende kommer en is verantwoordelik vir toenemende kriminele aktiwiteite wat in baie gemeenskappe plaasvind. Hy sê Namibië was altyd ‘n deurvoer-land vir onwettige dwelms, maar die land het nou verbruikersland geword wat beteken dat Namibiërs nou dwelms verbruik wat van verskillende wêreldmarkte soos Brasilië af kom. Volgens die polisiehoof is meer as 4 000 gevangenes verhoorafwagtend vir dwelmverwante misdade. Dwelmmisbruik is ‘n enorme maatskaplike probleem in die land. Die voormalige hoof van Nampol se dwelm-eenheid Hermie van Zyl, het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee…