Vyf gevonnis na diefstal van kunsskatte uit Duitse museum

‘n Duitse hof het vandag vyf mans tot etlike jare agter tralies gevonnis vir ‘n juwele-rooftog in 2019 by ‘n museum in Dresden wat een van Europa se grootste kunsversamelings huisves. Die kunsstukke wat by die inbraak by die Green Vault-museum in Dresden gesteel is, sluit meer as 4 300 diamante in met ‘n geraamde waarde van meer as 113 miljoen euro, of 2 miljard Namibiese dollar. Die polisie het egter die meeste van die gesteelde juwele teruggevind. Ses Duitse mans van die Remmo-familiegroep, almal in hul twintigs, is van gewapende roof, brandstigting en aanranding aangekla. Vyf van die mans is vonnisse van tussen vier jaar en ses jaar opgelê en ’n sesde een is vrygespreek.