Swakara: Alle oë nou op September se veiling, net 40% van pelse verkoop

Die Swakara-veiling het nie die verwagte verkope opgelewer nie. Die veiling is vroeër die maand gehou by Saga Furs in Helsinki, Finland maar net 40 persent van die pelse het verkoop. Dit kom ná die ineenstorting van die pelsmark laat in 2020 en die gevolglike likwidasie van Kopenhagen Fur, wat tot nou toe die agent vir Namibiese Swakara-pelse was. Produsente het uiters groot uitdagings tydens Covid gehad en was ook gedwing om die vleismark te betree. Kosmos 94.1 nuus het met die plaaslike vervaardiger Louisa Campbell van Lovedale Farming gesels. Sy sê hulle hoop is nou op September se veiling.