Drie Covid-sterfgevalle in Katima Mulilo-staatshospitaal

Die Katima Mulilo-staatshospitaal het voorsorgmaatreëls heringestel te midde van toenemende Covid-gevalle. Drie mense is sedert Mei dood. Een is ‘n 13-jarige leerder en die ander twee oorledenes was 33 en 71 jaar oud. Die hospitaal het 23 gevalle in Mei en ses in Junie aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die […]

Read More

SA Mededingingskommissie besorg oor werksekerheid by SAA

Die Mededingingskommissie in die buurland is besorg oor werksekerheid by South African Airways. Die Takatso-konsortium, wat betrokke is by die voorgestelde samesmelting, kan nie waarborg dat afleggings nie in die toekoms sal nodig wees weens bedryfsvereistes of bedryfsveranderinge nie. Takatso wil SAA se lewensvatbaarheid handhaaf, maar vakbonde het vrese oor indiensneming. ʼn Lid van die […]

Read More

Soektog na Titan-toeristeduikboot verskuif

Die Amerikaanse kuswag sê die fokus van die onderwater soektog na die Titan-toeristeduikboot het verskuif, nadat geluide gehoor is in ‘n gebied naby waar die duikboot Sondag aan die suidoostelike Kanadese kus vermis geraak het. ‘n Kanadese vliegtuig het die kapgeluide deur middel van sonartoerusting gehoor, en dit word nou deur kundiges van die Amerikaanse […]

Read More

Krieket: Aussie-kaptein sê Bruce Springsteen was sy inspirasie

Krieket: Die Australiese kaptein, Pat Cummins, sê die rock-legende Bruce Springsteen het hom geïnspireer tydens die spannende eerste toets om die As teen Engeland op Edgbaston. Hy het sy span op die laaste dag tot ʼn naelbyt-oorwinning met twee paaltjies aangevoer met ʼn onoorwonne vennootskap van 55 lopies om die negende paaltjie saam met Nathan […]

Read More

Gondwana samel N$2m in vir Adopt-a-School

Die Gondwana Care Trust, in samewerking met Eduvision Online Learning het fondse van 2 miljoen Namibiese dollar ingesamel vir die Eduvision Adopt-a-School-inisiatief. Hierdie inisiatief het ten doel om toeganklike aanlyn onderrig aan leerders regoor Namibië, veral in landelike gemarginaliseerde gemeenskappe, te verskaf. Eduvision is in 2017 gestig deur die voormalige hoof van Edugate Akademie op […]

Read More

Netumbo weerlê Swartbooi se aantygings oor Ovaherero in Brittanje

Die minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah, het aantygings deur LPM-leier Bernadus Swartbooi, dat Ovaherero-landsburgers in Brittanje geteister en gekriminaliseer word, sonder dat enige gesaghebbende bewyse ingewin is om hul bewerings te staaf, as bog afgemaak. Sy sê daar was geen sulke klagtes by hulle gemaak nie.

Read More

SA kan aan Zim se mielietekort voldoen

Suid-Afrika het genoeg mielies om te voldoen aan ‘n verwagte tekort in Zimbabwe. Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, verduidelik Zimbabwe ervaar tans terugslae nadat Sikloon Freddy die vordering laat in Januarie ontwrig en produksie beïnvloed het. Die land mag dus ‘n potensiële tekort ervaar. Die Oesskattingskomitee se raming dui aan Suid-Afrika se kommersiële mielieproduksie vir […]

Read More

Republikeine hou voet by stuk Biden word voorgetrek

Republikeine hou voet by stuk dat Hunter Biden voordelige behandeling by die justisiedepartement ontvang omdat sy pa die Amerikaanse president is. En dit, sê hulle, terwyl Donald Trump met all mag vervolg word. Die Amerikaanse prokureur-generaal in Delaware het dokumente ingedien wat aandui dat ‘n pleitooreenkoms met Biden bereik is. Hy sal na verwagting skuldig […]

Read More

Antieke Maya-stad in oerwoud in Mexiko ontdek

‘n Voorheen onbekende antieke Maya-stad is in die oerwoude van suidelike Mexiko ontdek. Volgens die land se antropologie-instituut Dinsdag is dit meer as ‘n duisend jaar oud. Die stad bevat groot piramideagtige geboue, klipkolomme, drie pleine met “imposante geboue” en ander strukture wat in byna konsentriese sirkels gerangskik is. Die stad, Ocomtun, sou tussen die […]

Read More

Namibiese bestuurders… ons is toe nie so sleg nie

Namibiese bestuurders kan sekerlik nou ophou kla oor taxis en ander onbeskofte bestuurders. Terwyl ons van die hoogste ongeluksyfers per kapita in die wêreld het, is ons bestuurders glad nie so sleg nie. Navorsing deur Compare the Market Australia toon Suid-Afrika het van die onveiligste voertuigbestuurders ter wêreld. Die motor-versekeringsplatform het die aantal noodlottige ongelukke […]

Read More