Shilunga gesels oor jongste tydens haar werksbesoek aan Angola

Die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga is tans op ‘n weeklange werksbesoek in Angola om by die buurland oor die oliebedryf te leer. Die nuus kom te midde van groot kritiek oor die samewerking met die buurland. Shilunga het aangekondig dat Namibië moontlik aandele in die Lobita-raffinadery kan bekom. Die raffinadery is nog in beplanning. Shilunga het met die media gepraat.