Grondwetraad maan teen verpolitisering van Phala Phala-verslag

Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet neem kennis van wat hy beskryf as die verpolitisering van die waarnemende Openbare Beskermer se Phala Phala-verslag. Die verslag spreek President Cyril Ramaphosa vry van ongerymdhede, maar verskeie opposisiepartye wil dit uitdaag. Die ANC verwelkom die verslag, terwyl die UDM kommer uitspreek oor teenstrydighede en moontlike […]

Read More

Kremlin wil nie kommentaar lewer oor muitery-poging

Die woordvoerder van die Kremlin, Dimitri Peskov wou nie kommentaar lewer op vrae oor waarom die mislukte muitery-poging byna twee weke gelede nie deur die FSB-veiligheidsdiens voorkom is nie. Peskov het in reaksie op dié vrae geantwoord dat die samelewing en die gewapende magte hulle agter die Russiese President Vladimir Putin geskaar het. Hy hou […]

Read More

Visserye-minister bevestig rob-oeste begin

Die minister van visserye Derek Klazen het bevestig dat die oes van Kaapse pelsrobbe vir die seisoen vanaf Julie tot 15 November vanjaar begin het. Die kabinet het die kwota vir 80 000 welpies en 6 000 bulle vir die 2023-oesseisoen goedgekeur en verder ‘n drie jaar-tydperk vanaf 2023 tot 2025 vir die totale toelaatbare […]

Read More

O&L Nexentury Namibia kry sonkrag-lisensie

Ohlthaver & List se Nexentury Namibia het die lisensie verkry vir die opwekking en uitvoer van 100 megawatt sonkrag in Namibië, wat geldig is vir die volgende 25 jaar. Bernd Walbaum, die hoof uitvoerende beampte van O&L Nexentury sê hulle is verheug om hierdie opwindende nuus met belanghebbendes en die hernubare-energie-gemeenskap te deel. Hy het […]

Read More

Groenskema-boere nie te bekommerd oor Hardapdam

Namibiese damme is tans gesamentlik 66,3 persent vol teenoor verlede jaar se 80,1 persent, volgens NamWater se dambulletin. Damme wat Windhoek van water voorsien is tans 33,5 persent vol teenoor verlede jaar se 54,9 persent dieselfde tydperk met die Von Bachdam se vlak op 21,9 persent. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 7,4 persent vol […]

Read More

SA petrolpryse daal, diesel s’n styg

Namibiese brandstofpryse bly onveranderd in Julie. Daar is egter goeie nuus en slegte nuus oor brandstofpryse in die buurland met 93-oktaan petrol wat vanaf Woensdag met 24-sent per liter goedkoper sal wees, en 95-oktaan petrol 17-sent per liter goedkoper. Die slegte nuus is die prys van diesel styg met 12- tot 18-sent per liter. Die […]

Read More

Vier beseer in ontploffing in Tokio

Vier mense is beseer in ‘n ontploffing in Tokio in Japan. Drie van die beseerdes is in ‘n ernstige toestand. Puin is oor ‘n nabygeleë kruising gestrooi en volgens die land se nasionale uitsaaier het ‘n rookwolk oor die gebied gehang. Die oorsaak van die ontploffing is nie bekend nie, maar volgens ooggetuies kon gas […]

Read More

SA landbouminister woon VN-konferensie in Rome by

Die Suid-Afrikaanse minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, woon hierdie week die 43ste sitting van die Verenigde Nasies se Voedsel vir Landbou-organisasie se konferensie in Rome, Italië, by. Die konferensie word elke twee jaar gehou om wêreldwye voedsel- en landbousake te bespreek. Daar sal ook toesig gehou word oor die verkiesing van […]

Read More

Verkiesingskommissie maan oor swendelary

Die Verkiesingskommissie van Namibië waarsku die publiek dat daar vals plasings op sosiale media sirkuleer wat valslik beweer dat die kommissie personeel aanlyn werf. Die korporatiewe kommunikasiebestuurder, De Wet Siluka, het vandag bevestig dat daar plasings op sosiale media sirkuleer wat ‘n skakel na ‘n vals werwings-portaal bevat. Die kommissie vermoed dat die vals webblad […]

Read More

Tsumeb-munisipaliteit begin vandag met opname

Tsumeb-inwoners word in kennis gestel dat die munisipaliteit vanaf vandag ‘n algemene opname oor munisipale eiendomme binne die Nomtsoub-gebied sal doen. Die doel van hierdie opname sal wees om die databasis op te dateer van persone wat in munisipale eiendomme woon om vervolgens huur-ooreenkomste met die raad aan te gaan. Daar sal van huurders verwag […]

Read More