SA se privaatsektor moet aanhou in mynwese belê

Die buurland se energieminister, Gwede Mantashe, het ‘n beroep op die privaat sektor gedoen om aan te hou belê in die mynbedryf. Hy het gepraat op die tweede Mynbou- en Energiebeleggingskonferensie in Kimberley. Die konferensie is in vennootskap met die Noord-Kaapse regering en poog om belegging in die privaat sektor in die provinsie aan te […]

Read More

Sacu sal kunsmis-, saadplan implementeer

Die agtste beraad van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie se staatshoofde het in Mandvulo in Eswatini afgesluit. Die beraad het ‘n taakmag daargestel, ingevolge sy opdrag wat reeds in Junie 2022 uitgereik is, om ondersoek in te stel en prioriteit te gee aan die produksie van kunsmis en saad, onder andere. Lidlande het die verwysingsraamwerk voltooi en […]

Read More

SA-wetgewer neem kennis van staatskapingverslag en verkiesingshervormings

Die buurland se parlement het kennis geneem van die aanbevelings wat in die staatskapingsverslag gemaak is en het begin werk om aandag daaraan te gee. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê die parlement erken die staatskapingskommissie se aanbeveling om verkiesingshervormings deur te voer. Hierdie hervormings sal die instel van ‘n kiesafdeling-gebaseerde kiesstelsel […]

Read More

Britse regering sal appelleer teen hof se Rwanda-beslissing

Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, sê sy regering gaan in die hooggeregshof appelleer teen die appèlhof se beslissing dat planne om asielsoekers na Rwanda te stuur, onwettig is. Die saak is deur tien mense aanhangig gemaak wat saam met Asylum Aid in klein bootjies uit lande soos Sirië, Irak en Albanië gekom het. Hulle […]

Read More

VSA verwyder regstellende aksie in varsity-toelating

Die Amerikaanse hooggeregshof het beslis universiteite kan nie langer ras as ‘n spesifieke basis by toelating in ag neem nie. Die uitspraak beëindig ’n dekade lange praktyk van regstellende aksie, waar universiteite ras in ag kon neem om diversiteit te verbeter. Die liberale regter Sonia Sotomayor meen die besluit bevestig ‘n oppervlakkige reël van kleurblindheid […]

Read More

Sperdatum vir sensus-poste uitgestel, voertuigbepalings aangepas

Die Namibiese Statistieke-agentskap het sy sluitingdatum vir sensus-werksgeleenthede tot Maandag uitgestel. Die bepalings vir voertuie is ook aangepas en lede van die publiek word aangemoedig om aansoek te doen. Die nasionale sensus vind vandag 18 September tot 3 November plaas. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni het met Kosmos 94.1 Nuus oor die aanpassing gesels.

Read More

Onderhoude vir hoof verkiesingsbeampte is openbaar, vind Vrydag plaas

Die onderhoude vir die hoof verkiesingsbeampte van die Verkiesingskomissie word môre vanaf tien-uur by die hoofkwartiere in die hoofstad gehou. Die onderhoude is oop vir die publiek, ingevolge die Kieswet. De Wet Siluka, woordvoerder by die kommissie, moedig lede van die publiek aan om dit by te woon.

Read More

Protesaksie brei uit in Frankryk

Onrus versprei van Parys na ander Franse stede nadat die polisie ‘n tiener in die hoofstad doodgeskiet het, met meer as 150 mense wat reeds in hegtenis geneem is. In Toulouse is tientalle motors aan die brand gesteek en die polisie het traangas gebruik om oproeriges uiteen te jaag wat die brandweer wou verhoed om […]

Read More

Bulle kry Jaco van der Walt

Die Bulle het die gewese losskakel van die Leeus en Edinburgh, Jaco van der Walt, gekontrakteer. Hy keer terug na Suid-Afrikaanse rugby na ses jaar in Skotland. Die Bulle- en Springbok-veteraan Morné Steyn het uitgetree en Van der Walt kan sy plek inneem. Die 29-jarige kan ook heelagter speel. Hy het in 2020 sy debuut […]

Read More

Effe verligting: Brandstofprys vir Julie onveranderd

Die brandstofprys vir petrol en beide diesel 50ppm en 10ppm is onveranderd vir Julie. Die prys vir ‘n liter petrol op Walvisbaai bly op 19 dollar 78 sent terwyl diesel 50ppm 19 dollar 05 sent kos en diesel 10ppm teen 19 dollar 25 sent vir ‘n liter op die kusdorp verkoop. Die ministerie van myne […]

Read More