Effe verligting: Brandstofprys vir Julie onveranderd

Die brandstofprys vir petrol en beide diesel 50ppm en 10ppm is onveranderd vir Julie. Die prys vir ‘n liter petrol op Walvisbaai bly op 19 dollar 78 sent terwyl diesel 50ppm 19 dollar 05 sent kos en diesel 10ppm teen 19 dollar 25 sent vir ‘n liter op die kusdorp verkoop. Die ministerie van myne en energie sê die wisselkoers met die Amerikaanse dollar het in Junie verbeter tot 18,73 teenoor die Amerikaanse geldeenheid, teenoor net meer as 19 aan die einde van Mei. Daar was ‘n onderverhaling van 46 sent ‘n liter op petrol maar, ‘n oorverhaling van 4 sent op diesel 50ppm en 1 sent op diesel 10ppm. Die Sentrale Energiefonds sal die onderverhaling absorbeer.