Bulle kry Jaco van der Walt

Die Bulle het die gewese losskakel van die Leeus en Edinburgh, Jaco van der Walt, gekontrakteer. Hy keer terug na Suid-Afrikaanse rugby na ses jaar in Skotland. Die Bulle- en Springbok-veteraan Morné Steyn het uitgetree en Van der Walt kan sy plek inneem. Die 29-jarige kan ook heelagter speel. Hy het in 2020 sy debuut vir Skotland gemaak, maar net twee toetse gespeel.