SA-wetgewer neem kennis van staatskapingverslag en verkiesingshervormings

Die buurland se parlement het kennis geneem van die aanbevelings wat in die staatskapingsverslag gemaak is en het begin werk om aandag daaraan te gee. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê die parlement erken die staatskapingskommissie se aanbeveling om verkiesingshervormings deur te voer. Hierdie hervormings sal die instel van ‘n kiesafdeling-gebaseerde kiesstelsel bykomend tot die bestaande kiesstelsel moontlik maak. Mapisa-Nqakula sê die voorgestelde kiesstelsel het ten doel om verteenwoordiging en aanspreeklikheid te verbeter: