Sperdatum vir sensus-poste uitgestel, voertuigbepalings aangepas

Die Namibiese Statistieke-agentskap het sy sluitingdatum vir sensus-werksgeleenthede tot Maandag uitgestel. Die bepalings vir voertuie is ook aangepas en lede van die publiek word aangemoedig om aansoek te doen. Die nasionale sensus vind vandag 18 September tot 3 November plaas. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni het met Kosmos 94.1 Nuus oor die aanpassing gesels.