Stormers se VRK-toer beslissend: Dobson

Rugby: Die Stormers is op pad om twee wedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap in Brittanje te speel. Hulle Springbokke sal beskikbaar wees wanneer hulle teen die Dragons in Wallis kragte meet en dan Connacht in Ierland. Die Stormers het hulle teleurstellende nederlaag teen die Ospreys opgevolg met ‘n maklike oorwinning teen Leinster om nou vyfde op die punteleer te staan, met nog drie wedstryde oor. Volgens afrigter, John Dobson, is die toer beslissend.