SA se privaatsektor moet aanhou in mynwese belê

Die buurland se energieminister, Gwede Mantashe, het ‘n beroep op die privaat sektor gedoen om aan te hou belê in die mynbedryf. Hy het gepraat op die tweede Mynbou- en Energiebeleggingskonferensie in Kimberley. Die konferensie is in vennootskap met die Noord-Kaapse regering en poog om belegging in die privaat sektor in die provinsie aan te moedig en optimaal te gebruik. Mantashe sê mynbeleggings sal die plaaslike ekonomie grootliks bevoordeel: