VSA verwyder regstellende aksie in varsity-toelating

Die Amerikaanse hooggeregshof het beslis universiteite kan nie langer ras as ‘n spesifieke basis by toelating in ag neem nie. Die uitspraak beëindig ’n dekade lange praktyk van regstellende aksie, waar universiteite ras in ag kon neem om diversiteit te verbeter. Die liberale regter Sonia Sotomayor meen die besluit bevestig ‘n oppervlakkige reël van kleurblindheid as ‘n grondwetlike beginsel in ‘n verdeelde samelewing, waar ras nog altyd saak gemaak het en aanhou om saak maak.