Onderhoude vir hoof verkiesingsbeampte is openbaar, vind Vrydag plaas

Die onderhoude vir die hoof verkiesingsbeampte van die Verkiesingskomissie word môre vanaf tien-uur by die hoofkwartiere in die hoofstad gehou. Die onderhoude is oop vir die publiek, ingevolge die Kieswet. De Wet Siluka, woordvoerder by die kommissie, moedig lede van die publiek aan om dit by te woon.