Britse regering sal appelleer teen hof se Rwanda-beslissing

Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, sê sy regering gaan in die hooggeregshof appelleer teen die appèlhof se beslissing dat planne om asielsoekers na Rwanda te stuur, onwettig is. Die saak is deur tien mense aanhangig gemaak wat saam met Asylum Aid in klein bootjies uit lande soos Sirië, Irak en Albanië gekom het. Hulle beweer die Rwanda-beleid is onwettig. Die minister van Binnelandse Sake, Suella Braverman, sê die Verenigde Koninkryk het ‘n goeie verhouding met Rwanda en albei lande is verbind tot die beleid: