Protesaksie brei uit in Frankryk

Onrus versprei van Parys na ander Franse stede nadat die polisie ‘n tiener in die hoofstad doodgeskiet het, met meer as 150 mense wat reeds in hegtenis geneem is. In Toulouse is tientalle motors aan die brand gesteek en die polisie het traangas gebruik om oproeriges uiteen te jaag wat die brandweer wou verhoed om die vlamme te blus. In Lille is voertuie en geboue geteiken. President Emmanuel Macron het ‘n beroep vir kalmte gedoen. Sky News berig ‘n lykskouing het aangedui die tiener, net bekend as Nahel, is dood weens ‘n enkele koeël deur sy arm en bors.