Sorg dat jy jou vriende ken: NamPol na Klein Windhoek-moord

Skokgolwe kring steeds uit na die liggaam van die 40-jarige Angelique Delia Maarsdorp in haar woonstel in Klein Windhoek ontdek is. Sy was vasgebind en in komberse toegedraai. Daar was bloedvlekke op een van die banke en verskeie items word vermis, waaronder ‘n lig-metaalblou BMW 3-reeks en ‘n platskerm-televisiestel. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Elifas Kuwinga van NamPol Openbare Betrekkinge gesels, wat ‘n woord van waarskuwing vir die publiek het.