Droogtehulpprogram hoë prioriteit vir regering: Mutorwa

Adjunk-premier John Mutorwa is bekommerd oor die vertragings in die verspreiding van droogtehulpkos in die streke. Mutorwa het die Kavango-Oos-streek besoek om hom van die situasie te vergewis. Meer as 44 000 mense in die streek word deur die droogte geraak. Die streek het in Oktober verlede jaar sy eerste besending droogtehulpkos ontvang. Mutorwa verklaar dat die regering die droogtehulpprogram as ‘n hoë prioriteit beskou.