Amerikaanse onafhanklikheidsdag weer oorheers deur massaskietery

Die Amerikaanse President Joe Biden sê sy land moet heelwat meer doen om die epidemie van wapengeweld te hanteer, wat gemeenskappe uitmekaar skeur. Minstens 15 mense, insluitend vyf in Philadelphia en Chicago, is reg oor Amerika in massaskietvoorvalle dood in aanloop tot feesvieringe op die vierde Julie. Daar was net vanjaar reeds 340 massaskietvoorvalle in […]

Read More

Mededingingskommissie soek steeds voorstelle oor privaat gesondheidsektor

Die Namibiese Mededingingskommissie is bekommerd oor die stand van mededinging in die privaat gesondheidsorg-sektor en het vandag ‘n raadplegende werkswinkel in die hoofstad oor die kwessie aangebied. In samewerking met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsfonds het die kommissie ‘n konsultant-firma aangestel om ‘n studie van die sektor in die land te doen. Die bevindinge van […]

Read More

Uis-inwoners wil eiendom besit

Inwoners van die myndorpie Uis in die Erongo-streek sê toegang tot voldoende behuising bly ’n uitdaging 33 jaar ná onafhanklikwording. Sowat 500 gemeenskapslede huur al vir meer as 65 jaar huise en sê hulle is moeg daarvoor om huur te betaal en wil eiendom besit. Die president van die United Democratic Front, Apius Auchab, is […]

Read More

Afghaanse skoonheidsalonne moet binne ‘n maand sluit

Die Taliban in Afghanistan het beveel dat alle skoonheidsalonne binne ‘n maand moet sluit. Die ministerie belas met die sogenaamde sede-polisie het die aankondiging vandag gemaak. Buitelandse regerings en VN-amptenare veroordeel die al hoe meer beperkinge wat ingestel word teen vroue sedert die Taliban in 2021 die mag oorgeneem het. Die owerhede het verlede jaar […]

Read More

Nege Namibiese para-atlete op pad na Parys

Atletiek: ’n Groep van nege Namibiese atlete met gestremdhede en hul gidse het vandag na Parys, Frankryk vertrek vir die 2023 Internasionale Paralimpiese Komitee se Wêreld-Para-atletiekkampioenskappe. Die kampioenskappe vind van 7 tot 17 Julie in Parys plaas waar Span Namibië aan baan- en veld-items sal deelneem. Die kampioenskappe sal die atlete se laaste kans wees […]

Read More

Eskom stel fase 1-beurtkrag in

Eskom sal môre en Donderdag vanaf vyfuur soggens tot vieruur in die middae fase 1-beurtkrag instel. Dit is as gevolg van ‘n toename in opwekkings-eenhede wat buite werking is. Fase 3-beurtkrag sal dan vanaf vieruur namiddag volg. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokoena, sê opwekkings-eenhede by die Grootvlei-, Kriel- en Matla-kragstasies is weer in diens, […]

Read More

Sisa vra of Menzies verdere kennisgewing verstaan

Regter Shafimana Ueitele het vandag die meriete van die dringende aansoek wat deur Menzies Aviation teen onder andere die Namibiese Lughawens-maatskappy en Paragon Investments gebring is, in die Windhoekse hoërhof aangehoor. Die kern van die aansoek deur Menzies, wat tans steeds vrag hanteer op die lughawe, is redelike kennisgewing en tesame daarmee poog die maatskappy […]

Read More

NVG verhaal R1,9 miljoen van Bloem-pastoor

Die buurland se Spesiale Ondersoek-eenheid en die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom ‘n betaling van 1,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die landbousektor se onderwys en opleidings-owerheid nadat ‘n Bloemfonteinse pastoor die geld op ‘n bedrieglike wyse geëis het. Lerato Raphael Mokoteli en Anthony Dywili het tussen 2016 en 2019 die fondse bedrieglik geëis vir ‘n gesamentlike onderneming […]

Read More

Egipte en Turkye hervat betrekkinge ná ‘n dekade

Egipte en Turkye het ambassadeurs in mekaar se hoofstede aangestel. Dit is die eerste keer in meer as ‘n dekade dat diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande herstel word. Egipte het tien jaar gelede Turkye se ambassadeur uit die land geskop en Ankara daarvan beskuldig dat hy organisasies ondersteun wat die land ondermyn. Samesprekings tussen […]

Read More

Rugby: Springbok-stut Ox beseer

Rugby: Die Springbok-stut, Ox Nché, sal moontlik nie Saterdag op Loftus teen die Wallabies kan speel nie, hoewel hy vir die beginspan gekies is. Afrigter Jacques Nienaber het vanmiddag in ʼn verklaring bekendgemaak Nché het vroeër vandag sy bors beseer tydens ʼn oefening. Daar is ook bekendgemaak Steven Kitshoff sal in Suid-Afrika agterbly en nie […]

Read More