Nege Namibiese para-atlete op pad na Parys

Atletiek: ’n Groep van nege Namibiese atlete met gestremdhede en hul gidse het vandag na Parys, Frankryk vertrek vir die 2023 Internasionale Paralimpiese Komitee se Wêreld-Para-atletiekkampioenskappe. Die kampioenskappe vind van 7 tot 17 Julie in Parys plaas waar Span Namibië aan baan- en veld-items sal deelneem. Die kampioenskappe sal die atlete se laaste kans wees om vir die 2024 Parys Paralimpiese Spele te kwalifiseer. Spanbestuurder Michael Hamukwaya het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…