Rugby: Springbok-stut Ox beseer

Rugby: Die Springbok-stut, Ox Nché, sal moontlik nie Saterdag op Loftus teen die Wallabies kan speel nie, hoewel hy vir die beginspan gekies is. Afrigter Jacques Nienaber het vanmiddag in ʼn verklaring bekendgemaak Nché het vroeër vandag sy bors beseer tydens ʼn oefening. Daar is ook bekendgemaak Steven Kitshoff sal in Suid-Afrika agterbly en nie vanaand na Nieu-Seeland reis nie, as beserings-dekking en afhangend van die uitslag van Nché se mediese toetse. ʼn Verdere aankondiging sal môre gedoen word.