Uitspraak vandag in Marén se borgaansoek

Die omstrede Fishrot-prokureur Marén de Klerk hoor vandag of hy borg sal kry of nie. Die verhoor, wat volg op sy arrestasie verlede week Donderdag, sal volgens berigte die Fishrot-verhoor, wat op 23 Oktober vanjaar in die Windhoek-hoërhof sal begin, vertraag, sou hy borg kry. Die staat staan borg teen en meen De Klerk is […]

Read More

Hardapdam se vlakke wek kommer vir landbou

Koring as wintergewas kan slegs in Namibië onder besproeiing geplant word en die belangrikste koringproduksie-gebiede is die Hardap-besproeiingskema by Mariental in die Suide en die regeringsbesproeiings-projekte langs die Okavangorivier. Minder hoeveelhede koring word by besproeiingsplase in die Mieliedriehoek geproduseer. Verlede jaar is rekord-koring by die Hardap-skema geplant maar, vanjaar is die dam op net 36,8 […]

Read More

Oud-dwelmhoof sê oor toenemende beslagleggings

Die publiek moet dwelmhandelaars by die Namibiese polisie aanmeld. In Mei is 124 verdagtes vir die besit en handel in dwelms ter waarde van 3,24 miljoen Namibiese dollar gearresteer. Dagga, Mandrax en kokaïen was onder die dwelms wat gevind is. Die voormalige hoof van Nampol se dwelm-eenheid Hermie van Zyl, wat lank reeds waarsku oor […]

Read More

Danie Jordaan hoor vandag oor sy lugvaart-lisensie

Uitspraak word vandag verwag in die saak waar die bekende dr. Danie Jordaan die hoërhof vra om ‘n beslissing deur die Namibiese Burgerlugvaart Owerheid dat hy nie meer as ‘n senior lugvaart mediese ondersoeker mag optree nie, ter syde te stel. Volgens Jordaan het die owerheid hom in Oktober 2020 in kennis gestel dat as […]

Read More

Water onwettig by Hammanskraal verkoop

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, doen ‘n beroep op inwoners van Hammanskraal om mense aan te meld wat die stelsel misbruik deur water van tenkwaens te verkoop. President Cyril Ramaphosa het die gebied besoek waar hy inwoners meegedeel het dat dit 4 miljard Suid-Afrikaanse rand gaan kos om die waterkwessies in Hammanskraal op te […]

Read More

Geen litium en ander minerale mag uitgevoer word nie – kabinet

Die Namibiese kabinet het ‘n verbod op die uitvoer van sekere kritieke minerale soos onverwerkte litium-erts, kobalt-mangaan, grafiet en seldsame aardmetale goedgekeur. Kleiner hoeveelhede van dié minerale mag toegelaat word om uitgevoer te word, maar volgens oorweging deur die ministerie van myne en energie en onderhewig aan die bekragtiging van die kabinet. Volgens die ministerie […]

Read More

ANC-standpunt oor oorlog – miljarde kan verloor word

Suid-Afrika kan tot soveel as 613 miljard Suid-Afrikaanse rand aan inkomste uit uitvoere verloor as sommige van sy handelsvennote besluit om wraak te neem teen sy onwilligheid om standpunt in te neem teen Rusland se inval in Oekraïne. Dit is volgens Stanlib-batebestuur. Suid-Afrika het ‘n neutrale standpunt ingeneem oor die oorlog en by talle stemprosesse […]

Read More

Trump aangekla oor geklassifiseerde dokumente, 7 federale klagtes

Voormalige Amerikaanse President Donald Trump is aangekla oor sy hantering van geklassifiseerde dokumente nadat hy die Withuis verlaat het. Hy moet Dinsdagmiddag in ‘n hof in Miami verskyn. Hy staar sewe aanklagte in die gesig, insluitend die ongemagtigde bewaring van geklassifiseerde lêers, het Amerikaanse media berig, maar die akte van beskuldiging is nog geseël. Dit […]

Read More

Franse Ope: Muchova skok toe sy Sabalenka uitskakel om eindstryd te haal

Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, sal môre in die eindstryd van die vroue-afdeling van die Franse Ope teen Karolina Muchova van die Tsjeggiese Republiek te staan kom. Die 22-jarige Swiatek het die 14de gekeurde Brasiliaan, Beatriz Haddad, met 6-2 en 7-6 geklop om vir die derde keer haar plek in die Roland Garros-eindstryd […]

Read More

Kabinet: NamWater en NamPower mag nie water of krag afsny

Volgens die kabinetbesluite is die minister van finansies en openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi opdrag gegee om beide NamPower en NamWater te beveel om die opskorting van water en elektrisiteit aan wanbetalende plaaslike owerhede te staak en dit nooit af te sny as ‘n manier om inkomste in te samel nie. Die kabinet het kennis geneem […]

Read More