Katjiua-faksie gekant teen in-situ loging

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid-faksie, gelei deur professor Mutjinde Katjiua, het die hoofraad opdrag gegee om ‘n taakspan-komitee te stig om veediefstal en beweerde nie-goedgekeurde mynbedrywighede in kommunale gebiede te ondersoek. Dit is van die besluite wat op sy vergadering by Toasis in die Aminuis-kiesafdeling geneem is. Die hoofraad het met diepe kommer kennis geneem van […]

Read More

Bester-minnares se aansoek van die hand gewys

Die hooggeregshof in Bloemfontein het beslis teen die aansoek van die minnares van die Facebook-verkragter en moordenaar Thabo Bester, Nandipha Magudumana, om haar repatriasie uit Tanzanië onregmatig te verklaar. Regter Phillip Loubser het bevind hoewel haar inhegtenisneming en terugkeer na Suid-Afrika as bedekte uitlewering beskou kan word, het Magudumana vrywillig daartoe ingestem. Die regter het […]

Read More

Tifoon Talim ontwortel meer as 230 000 in suidooste van China

Meer as 230 000 mense is in die suidooste van China ontwortel weens die tifoon Talim. Dit volg terwyl groot dele van Asië gebuk gaan onder swaar reën en buitengewoon hoë temperature. Dit tifoon het vlugte ontwrig en toeriste-aantreklikhede moes gesluit word. Die storm het egter verswak op pad na Viëtnam. Die tifoon het getref […]

Read More

Kollegas en aanhangers in rou oor akteur

Kollegas van Bradley Olivier, beter bekend as Danny Jantjies in Binnelanders, sowel as aanhangers van die sepie, is in rou gedompel na die skielike afsterwe van die gewilde akteur. Human Stark, vervaardiger van die program het die slegte nuus aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Olivier was bekend in die teater-, rolprent- en televisiekringe en sal […]

Read More

Leiers moet soos Nelson Mandela wees

Vandag word Nelson Mandela-dag wêreldwyd herdenk. President Cyril Ramaphosa beskryf Nelson Mandela se nalatenskap as een wat ʼn voorbeeld vir alle Suid-Afrikaanse leiers behoort te wees. Hy het op Qunu in die Oos-Kaap gepraat waar ʼn standbeeld van die ontslape oudpresident onthul is. Ramaphosa beskryf die onthulling as ʼn herinnering aan almal van waarvoor Mandela […]

Read More

ECB het môre eerste openbare aankondiging oor tariewe

Die Elektrisiteitsbeheerraad kondig oor die jare die grootmaat elektrisiteitstariewe slegs aan wat van toepassing is op NamPower se grootmaat-kliënte soos die streeks-elektrisiteits-verspreiders, bekend as die REDs, plaaslike owerhede, streeksrade en myne. Na hierdie aankondiging sal die NamPower-grootmaatkliënte op hul beurt by die beheerraad aansoek doen vir hul tarief, wat van toepassing is op eindverbruikers van […]

Read More

Geen besluit nog geneem oor transaksie tussen Vivo en GasIT

Die Namibiese Mededingingskommissie het bevestig dat dit nog nie ‘n besluit oor die voorgestelde transaksie vir die verkryging van Triple J Energies Proprietary, bekend as GasIT, deur Vivo Energy Namibia geneem het nie. Rolspelers het onlangs vergader om insette te lewer. Nadat alle behoorlike prosesse vir sy ondersoeke gevolg is, dien die sekretariaat sy bevindings […]

Read More

SA onder druk oor konflik tussen Rusland en Oekraïne

Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die land is onder erge druk om kant te kies in die konflik tussen Rusland en Oekraïne. Hy herbevestig hulle is gekant teen oorlog en verleen vaste steun vir die Afrika-vredesending. Altesaam 54 politieke partye van regoor die wêreld vergader in Kemptonpark, Gauteng, vir die Brics politieke party plus-dialoog, wat […]

Read More

Graanpryse styg ná Rusland weier om graanooreenkoms te hernu

Die Verenigde Nasies is teleurgesteld oor Rusland se weiering om die Swartsee-graanooreenkoms te hernu. Graanpryse het daarop vinnig gestyg. Die stap kan pogings in die wiele ry om graanpryse in ontluikende markte bestendig te maak. Hoewel Suid-Afrika met sy groot plaaslike graan-verskaffers nie regstreeks geraak sal word nie, sal enige internasionale prysstyging waarskynlik die plaaslike […]

Read More

ANC wil immigrasiewette hersien

Die ANC het die behoefte uitgespreek vir ‘n omvattende hersiening van die immigrasiebeleid en -wette om nasionale belange en burgers teen onwettige immigrasie te beskerm. Die party het assesserings gedoen wat aandui onwettige immigrasie is ‘n bedreiging vir die staat. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, het sê die party beoog om ‘n sterker standpunt […]

Read More