Sisa vra of Menzies verdere kennisgewing verstaan

Regter Shafimana Ueitele het vandag die meriete van die dringende aansoek wat deur Menzies Aviation teen onder andere die Namibiese Lughawens-maatskappy en Paragon Investments gebring is, in die Windhoekse hoërhof aangehoor. Die kern van die aansoek deur Menzies, wat tans steeds vrag hanteer op die lughawe, is redelike kennisgewing en tesame daarmee poog die maatskappy – om in die tussentyd slegs tussentydse verligting te verkry – om te verhoed dat die Lughawens-maatskappy en Paragon ‘n duidelik onwettige toekenning kan implementeer tot tyd en wyl die hoof-oorsig aangehoor is. Paragon se prokureur Sisa Namandje het bevraagteken hoekom Menzies nie gevra het wat verdere kennisgewing beteken op die kennisgewing wat hulle van Lughawens-maatskappy ontvang het nie.