Eskom stel fase 1-beurtkrag in

Eskom sal môre en Donderdag vanaf vyfuur soggens tot vieruur in die middae fase 1-beurtkrag instel. Dit is as gevolg van ‘n toename in opwekkings-eenhede wat buite werking is. Fase 3-beurtkrag sal dan vanaf vieruur namiddag volg. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokoena, sê opwekkings-eenhede by die Grootvlei-, Kriel- en Matla-kragstasies is weer in diens, maar eenhede by Majuba en Tutuka is tans buite werking.