Messi kom in Miami aan om by Beckham-klub aan te sluit

Die Argentynse sokkerlegende Lionel Messi het vandag by Inter Miami, die Amerikaanse sokkerklub van David Beckham aangesluit. Daar word beaam dat hy tussen 50 en 60 miljoen Amerikaanse dollar per jaar verdien wat ook ‘n aandeel in die klub op ‘n latere stadium insluit. Hy is wyd verwelkom in ‘n reuse-seremonie in Miami in Florida. […]

Read More

N$1,2m se dagga in hoofstad gevind

‘n 37-jarige Tanzaniese burger wat vir ‘n Suid-Afrikaanse vervoermaatskappy werk, is in die hoofstad aangekeer met 24 kilogram versteekte dagga in sy vragmotor. Die waarde van die dwelms word op 1,2 miljoen Namibiese dollar beraam en volgens Nampol se hoofinspekteur Elifas Kuwinga, is die arrestasie moontlik gemaak deur ‘n wenk van ‘n lid van die […]

Read More

Pryse sal styg soos Putin graanooreenkoms kanselleer

Die Kremlin het die einde van die ooreenkoms wat die Oekraïne toegelaat het om op veilige wyse graan uit te voer, aangekondig. Dit verstryk vandag. Moskou het nie ingestem om die ooreenkoms, wat deur die Verenigde Nasies bewerkstellig is, te verleng nie tensy daar aan sy eise oor sy eie graan en kunsmis voldoen word […]

Read More

Renosterstropery neig na ‘n sikliese aard

Die Namibiese regering sê daar is ‘n sikliese neiging in renosterstropery in die land. Hoë getalle arrestasies van stropers en ander rolspelers in reaksie op ‘n stropingspiek lei tot ‘n tydelike afname in stropery totdat taktieke aangepas word wat weer getalle opstoot. Die goeie nuus is dat sedert 2018, is intelligensie in verband met renosterstropery […]

Read More

Plaaslike petrol is steeds te duur so opheffing van Angolese subsidies help niks

Die opheffing van brandstofsubsidies in Angola het nie ‘n noemenswaardige impak op plaaslike smokkelary nie. Die Angolese regering, wat in 2022 meer as 65 miljard Namibiese dollar op die subsidies bestee het, het dit deels opgehef wat tot reuse-protesaksies in Junie gelei het. Die brandstofprys in die buurland het verdubbel vanaf net meer as 3 […]

Read More

As tegnologie, kommunikasie vandag haak, hier’s hoekom…

Kragtige sonvlamaktiwiteit word vir vandag voorspel wat met kortgolfkommunikasie kan inmeng. Dit is volgens Russiese wetenskaplikes nadat drie sogenaamde sonvlamme Sondag op die son waargeneem is. Die Fedorov Instituut vir Toegepaste Geofisika in Moskou sê klas X-sonvlamme is moontlik, insluitend protonvlamme, en daar word verwag dat kortgolf-radiotoestande sal versleg. X-klas sonvlamme is die grootste ontploffings […]

Read More

Vyf vas in Mpumalanga vir vragmotorgeweld

Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het die polisie geloof vir die vinnige arrestasie van vyf verdagtes in verband met verlede week se aanvalle op vragmotors. Hulle verskyn na verwagting vandag in die Ermelo-landdroshof. Een-en-twintig vragmotors is die afgelope week in Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal aan die brand gesteek. Die departement se woordvoerder, Moeti […]

Read More

Job weier blykbaar ACC-samewerking oor Itah

Berigte lui dat die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda, weier om sy samewerking aan die Teenkorrupsie-kommissie, in verband met sy aantygings teen die hoër onderwysminister te gee. Amupanda beweer dat die minister, Itah Kandjii-Murangi, 1,5 miljoen Namibiese dollar se reiskoste van drie staatsinstellings – die Namibië Opleidings-owerheid, Nust en Unam, asook geld van […]

Read More

ANC sal nie in koalisiegesprekke tree nie

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party is vasbeslote om nie by enige koalisiegesprekke betrokke te raak nie omdat hy in volgende jaar se verkiesing ‘n volstrekte oorwinning wil behaal. Die munisipale verkiesing in 2021 het ‘n rekordgetal munisipaliteite gelewer wat geen volstrekte meerderheid gehad het nie. Die ANC het meer setels in […]

Read More

J&J dagvaar dokters wat talk en kanker verbind

Johnson & Johnson dagvaar vier dokters wat studies gepubliseer het wat die verband tussen talk-gebaseerde persoonlike versorgingsprodukte en kanker aanhaal. Die maatskappy beweer die studies is onakkuraat. Die maatskappy se filiaal LTL Management het ‘n regsgeding by die federale hof in New Jersey ingedien. Hulle eis die navorsers moet die bevindings terugtrek en/of ‘n regstelling […]

Read More