NVG verhaal R1,9 miljoen van Bloem-pastoor

Die buurland se Spesiale Ondersoek-eenheid en die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom ‘n betaling van 1,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die landbousektor se onderwys en opleidings-owerheid nadat ‘n Bloemfonteinse pastoor die geld op ‘n bedrieglike wyse geëis het. Lerato Raphael Mokoteli en Anthony Dywili het tussen 2016 en 2019 die fondse bedrieglik geëis vir ‘n gesamentlike onderneming wat nie bestaan het nie. Die ondersoek het vals fakture, fiktiewe opleidingsverslae en wanbesteding van fondse aan die lig gebring. Die ondersoek-eenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê Mokoteli het ‘n pleit-ooreenkoms met die staat aangegaan.