Vyf beweerde veediewe buite Usakos vasgetrek

Veediefstal het weer kop uitgesteek, hierdie keer in die Usakos-distrik. Volgens die polisieverslag is 18 bokke ter waarde van 27 200 Namibiese dollar Sondag uit die kraal van ‘n vroulike boer by Spook Kamp gesteel. Die veediefstal-ondersoekspan het inligting bekom en ses geslagte bok-karkasse teruggevind. Vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 21 en 57 is […]

Read More

Padowerheid verleng omskakeling van vervoerpermitte

Die Padowerheid het ‘n verlenging aangekondig vir die omskakeling van onbepaalde binnelandse permitte vir vervoerders van passasiers na twee-jaar hernubare permitte. Die proses wat in April verlede jaar begin het, word nou tot 30 September vanjaar verleng. Versuim om die onbepaalde permitte binne die verlengingstydperk om te skakel, sal hulle ongeldig maak. Die omskakeling is […]

Read More

ActionSA juig oor uitspraak teen publisering van ‘anonieme’ peiling

ActionSA het die uitspraak van die Persraad teen die publikasie van ‘n anonieme peiling deur Rapport en Netwerk24 verwelkom, wat die oorsprong weerhou het van ‘n verkiesingspeiling wat verlede maand uitgegee is. Die artikel is op dieselfde dag ook deur City Press en News24 gepubliseer. ActionSA glo dit is ‘n peiling van die DA. Michael […]

Read More

R8,4 mijoen se onwettige sigarette gekonfiskeer

Die Noord-Kaapse polisie het beslag gelê op verskeie handelsmerke van onwettige sigarette van sowat 8,4-miljoen Suid-Afrikaanse rand in Kakamas. Die polisie het ‘n verdagte vragmotor by ‘n vulstasie opgemerk toe hulle op ‘n roetine misdaadvoorkomingspatrollie was. Hulle het die voertuig deursoek en kartonne van Sahawi-en Chief-sigarette aangetref. Die polisie het op die sigarette en die […]

Read More

Biden takel Trump oor aborsieregte

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê sy voorganger, Donald Trump, het weer bewys hy, meer as enigeen anders, was die persoon wat die Roe versus Wade-uitspraak beëindig het, wat handel oor vroue se grondwetlike reg om oor aborsie te besluit. Die land se hoogste hof het dié langstaande besluit omgekeer wat in die Amerikaanse Grondwet […]

Read More

Kiesersregistrasiepunte buite Namibië op pad

Ingevolge artikel 3 van die Kieswet is die Verkiesingskommissie van Namibië verplig om tydelike kiesersregistrasiepunte buite Namibië te vestig. Dit is om persone wat tydelik buite Namibië woonagtig is, in staat te stel om as kiesers geregistreer te word en aan die verkiesing deel te neem. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur van die internasionale betrekkinge […]

Read More

Baba-lyk in Walvisbaaise drein ontdek

Nog ‘n babastorting, hierdie keer in ‘n drein in Walvisbaai, is by die polisie aangemeld. Munisipale werkers was Maandag in Kristiaansandstraat in Kuisebmond aan die werk toe hulle die lyk van ‘n pasgebore seuntjie in die drein ontdek het. Die liggaampie is na die Walvisbaai Staatshospitaal vervoer vir sertifisering en daarna na die polisielykshuis vir […]

Read More

Wes-Kaapse regering gee oorsig van gure weer

Die Wes-Kaapse regering sê hy hou die gure weerstoestande in die provinsie fyn dop. Swaar reën en stygende watervlakke op die Tuinroete laat kommer ontstaan oor moontlike oorstromings laer af in riviere. Damme word baie gou vol veral aan die kus en ‘n vlak vier-waarskuwing vir ontwrigtende reën bly van krag vir die oostelike dele […]

Read More

Nieu-Zeeland hoop vir groot skares by Engeland-toetse

Krieket: Nieu-Zeeland en Engeland gaan aan die einde van jaar in drie toetse kragte meet. Die Nieu-Zeelandse krieketraad sê hulle hoop om groot skares te lok, net soos toe Australië vroeër vanjaar daar getoer het. Die uitvoerende hoof, Scott Weening, sê kaartjieverkope het tot en met die toer nie die gewildheid van toetskrieket in die […]

Read More

Konstruksiewerkers sal voordeel trek uit nuwe belastingdrempel

Die Namibiese Bouwerkerspensioenfonds is optimisties oor die regering se stap om inkomstebelastingdrempels te verhoog, soos aangekondig in die 2024/25-begrotingsrede deur finansminister Ipumbu Shiimi. Een van die groot veranderinge is dat die drempel vir individuele inkomstebelasting van 50 000 Namibiese dollar tot 100 000 dollar verhoog word. Dit beteken dat baie werkers in die konstruksiesektor nie […]

Read More