Onderwys gesels oor werklose, gekwalifiseerde onderwysers

Meer as 8 000 onderwysers is volgens berigte steeds werkloos sedert hulle tussen 2017 en 2023 gegradueer het. ‘n Bykomende 1 500 gegradueerdes van Unam se noordelike en noordoostelike kampusse het die afgelope weke by hul werklose voorgangers aangesluit. Verlede jaar het die onderwysministerie sowat 740 poste gevul, terwyl nog 750 poste vanjaar geadverteer en gevul gaan word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Alfred van Kent, uitvoerende direkteur van die hoër onderwys-ministerie, oor wat die oplossing is…

Van Kent voeg by dat die ministerie daaraan werk om opleiding te versterk in die nuwe sektore wat besig is om oop te gaan.