Is daar regtig soveel dokters in Namibië?

Namibië het ‘n silwer toekenning van die Wêreldgesondheidsorganisasie ontvang vir die werk wat gedoen is om Hepatitis B uit te skakel. By die geleentheid het premier Saara Kuugongelwa-Amadhila ‘n oorsig gegee van Namibië se prestasies. Volgens Kuugongelwa-Amadhila het die Unam-mediese skool sedert sy ontstaan 400 mediese dokters opgelei, en daar is 5,43 dokters vir elke 10 000 mense in die land. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met voormalige gesondheidminister Richard Kamwi, oor of die statistieke die werklike situasie weerspieël.