Konstruksiewerkers sal voordeel trek uit nuwe belastingdrempel

Die Namibiese Bouwerkerspensioenfonds is optimisties oor die regering se stap om inkomstebelastingdrempels te verhoog, soos aangekondig in die 2024/25-begrotingsrede deur finansminister Ipumbu Shiimi. Een van die groot veranderinge is dat die drempel vir individuele inkomstebelasting van 50 000 Namibiese dollar tot 100 000 dollar verhoog word. Dit beteken dat baie werkers in die konstruksiesektor nie meer individuele inkomstebelasting hoef te betaal nie. Die hoofbeampte van die Bouwerkerspensioenfonds, Enwich Kazondu, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat …