R8,4 mijoen se onwettige sigarette gekonfiskeer

Die Noord-Kaapse polisie het beslag gelê op verskeie handelsmerke van onwettige sigarette van sowat 8,4-miljoen Suid-Afrikaanse rand in Kakamas. Die polisie het ‘n verdagte vragmotor by ‘n vulstasie opgemerk toe hulle op ‘n roetine misdaadvoorkomingspatrollie was. Hulle het die voertuig deursoek en kartonne van Sahawi-en Chief-sigarette aangetref. Die polisie het op die sigarette en die vragmotor beslag gelê.