Wes-Kaapse regering gee oorsig van gure weer

Die Wes-Kaapse regering sê hy hou die gure weerstoestande in die provinsie fyn dop. Swaar reën en stygende watervlakke op die Tuinroete laat kommer ontstaan oor moontlike oorstromings laer af in riviere. Damme word baie gou vol veral aan die kus en ‘n vlak vier-waarskuwing vir ontwrigtende reën bly van krag vir die oostelike dele van die provinsie. Premier Alan Winde sê die regering koördineer verligtingshulp om die impak op gemeenskappe so laag as moontlik te hou.