Baba-lyk in Walvisbaaise drein ontdek

Nog ‘n babastorting, hierdie keer in ‘n drein in Walvisbaai, is by die polisie aangemeld. Munisipale werkers was Maandag in Kristiaansandstraat in Kuisebmond aan die werk toe hulle die lyk van ‘n pasgebore seuntjie in die drein ontdek het. Die liggaampie is na die Walvisbaai Staatshospitaal vervoer vir sertifisering en daarna na die polisielykshuis vir berging en nadoodse ondersoek. Geen arrestasie is gemaak nie en die ondersoek duur voort. Die polisie vra dat enigiemand met inligting oor die voorval hulle dadelik kontak.