Vyf beweerde veediewe buite Usakos vasgetrek

Veediefstal het weer kop uitgesteek, hierdie keer in die Usakos-distrik. Volgens die polisieverslag is 18 bokke ter waarde van 27 200 Namibiese dollar Sondag uit die kraal van ‘n vroulike boer by Spook Kamp gesteel. Die veediefstal-ondersoekspan het inligting bekom en ses geslagte bok-karkasse teruggevind. Vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 21 en 57 is in hegtenis geneem en het in die Usakos-landdroshof verskyn. Die saak is tot 7 Mei uitgestel en die verdagtes bly in aanhouding.