Afrika-plante is beter bron vir velverbleiking

Nuwe navorsing beklemtoon die moontlikheid om plantekstrakte uit Afrika se ryke biodiversiteit as veiliger alternatief vir sintetiese velbleikingsprodukte te gebruik. Laurentia Opperman wat onlangs haar Meestersgraad in Mediese Biowetenskappe aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi het, het die navorsing gedoen. Sy sê tirosinase was ʼn belangrike fokuspunt in haar navorsing. Dit is ʼn ensiem in plant- en dierweefsel wat ʼn belangrike rol speel in melanogenese, wat die proses is waarvolgens melanien vervaardig word: