Kiesersregistrasiepunte buite Namibië op pad

Ingevolge artikel 3 van die Kieswet is die Verkiesingskommissie van Namibië verplig om tydelike kiesersregistrasiepunte buite Namibië te vestig. Dit is om persone wat tydelik buite Namibië woonagtig is, in staat te stel om as kiesers geregistreer te word en aan die verkiesing deel te neem. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur van die internasionale betrekkinge ministerie, het op ‘n media-inligtingsessie meer verduidelik.