PEL 79 in Namibiese besit

Sintana het ‘n ooreenkoms met Crown Energy, ‘n privaat Namibiese maatskappy beklink en bekom nou 67 persent van Giraffe Energy Investments, wat ‘n 33 persent aandeel in PEL 79 besit, saam met Namcor. PEL 79 is in blokke 2815 en 2915, in ‘n gebied wat deur BW Energy, Rhino Resources, en Shell bedryf word. Namcor […]

Read More

Giwusa bekommerd oor lewenskoste

Die buurland se vakbond Giwusa is onsteld oor bevindings deur die Pietermaritzburgse Justisie en Waardigheidsgroep oor die uitwerking van die hoë lewenskoste. Die verslag dui op ‘n styging van 6,3-persent in die gemiddelde koste van ‘n huishoudelike kosmandjie en ‘n 8,5-persent prystoename vir huishoudelike en persoonlike higiëne-items. Die vakbond se president, Mametlwe Sebei, vra vir […]

Read More

Bibi sê studente wat protesteer is anti-Semitiese gepeupel

Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê betogings by groot Amerikaanse universiteite teen die oorlog in Gaza moet stop. Die betogers eis dat die Amerikaanse regering ophou om militêre hulp aan Israel te stuur. Sommige studente eis ook dat universiteite ophou om in wapenvervaardigers te belê en sê hulle trek voordeel uit Israel se militêre optrede […]

Read More

Nadal sal net by Roland Garros deelneem as hy kan speel

Die Veertien-malige Franse Ope-kampioen Rafael Nadal sê hy sal slégs by Roland Garros deelneem as hy volle vertroue het in sy vermoë om goéd mee te ding. Die Spanjaard, wat op drie Junie sy 38ste verjaardag in Parys sal vier, sukkel al meer as ‘n jaar met beserings. Hy sê as die kleibaan Grand Slam-toernooi […]

Read More

Oud-minister ondersteun WGO pandemie-verdag

Die pandemie-verdrag van die Wêreldgesondheidsorganisasie bly in die nuus. Die organisasie het ‘n sperdatum gestel vir Mei vanjaar vir alle onderhandelinge oor die verdrag wat na verwagting by die 77ste Wêreldgesondheidsvergadering in Genève eindig. Daar is wyd teenkanting teen die voorgestelde verdrag, om ‘n verskeidenheid redes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die voormalige gesondheidminister […]

Read More

Ekonoom sê brandstofprys sal styg

Die komitee wat brandstofpryse bepaal is geskeduleer om vandag te vergader, en die nuwe brandstofpryse tree op die eerste Woensdag in Mei in werking. Suid-Afrikaners is reeds gewaarsku dat brandstofpryse weer gaan styg. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gepraat oor sy voorspelling vir die brandstofprys. McGregor sê dat verbruikers ‘n groot […]

Read More

Twee toeriste dood in gru-busongeluk

Twee toeriste is dood in Woensdag se busongeluk op die Kuiseb-pas. Volgens wat berig word het twee Sense of Africa-busse, van voor op die C14 gebots met een wat op sy sy geval het. ‘n Dubbelkajuit-bakkie en ander kleiner toeris-bus het gekeer dat die bus nie by die rand van die pas af val nie. […]

Read More

Waterbronne in Windhoek is benard, inwoners luister nie

Die water situasie in Stad Windhoek lyk nie asof dit verbeter nie. Windhoekers bereik nie die weeklikse waterbesparing teikens nie en dit wek kommer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Stad Windhoek, Lydia Amutenya, wat die situasie uiteensit. Kosmos het ook met Amutenya gepraat oor kommer oor tuin- en bou-rommel wat […]

Read More

84% van kinders aan enkel-ouers gebore

Plaaslike media berig dat 72 000 uit ongeveer 85 000 kinders is aan ongetroude ouers in 2021 gebore. Dit is bevestig deur die statistieke wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gemaak is. Dus is 84 persent van die kinders wat in daardie jaar gebore is, kinders van enkel-ouers. Kenners meen dat tienerswangerskappe grootliks bydra tot […]

Read More

Nudo-presidentskap: Ester wil nie, en Joseph sê nee vir Barry

Die National Unity Democratic Organisation of Nudo se president, dr. Ester Muinjangue, het tydens ‘n perskonferensie in Windhoek bevestig dat sy nie vir herverkiesing as partypresident sal staan tydens die party se kongres in Julie nie. Muinjangue sê sy sal egter ‘n toegewyde lid van die party bly. Sy het haar visepresident, Peter Kazongomuinja, onderskryf […]

Read More