Nieu-Zeeland hoop vir groot skares by Engeland-toetse

Krieket: Nieu-Zeeland en Engeland gaan aan die einde van jaar in drie toetse kragte meet. Die Nieu-Zeelandse krieketraad sê hulle hoop om groot skares te lok, net soos toe Australië vroeër vanjaar daar getoer het. Die uitvoerende hoof, Scott Weening, sê kaartjieverkope het tot en met die toer nie die gewildheid van toetskrieket in die land weerspieël nie. Die eerste toets begin op 28 November in Christchurch, gevolg deur die tweede een in Wellington van 6 Desember af, met die derde toets in Hamilton wat op die 14de Desember sal begin.