Shiimi waarsku Amushelelo

Die finansminister Ipumbu Shiimi sê Michael Amushelelo moenie politieke relevansie soek deur sy naam te beswadder nie. Dit kom na Amushelelo op sy sosiale media aantygings van korrupsie teen hom en die goewerneur van die sentrale bank Johannes ǃGawaxab gemaak het. Hy sê Shiimi het sy invloed gebruik om ‘n tender toe te ken aan Fabupharm wat deur gevolmagtigdes deur Johannes !Gawaxab beheer word. Die tender is amper 452 miljoen Namibiese dollar werd. Hy sê verder die tender is nie geadverteer nie. Shiimi sê hy het nog altyd die hoogste standaarde van integriteit gehandhaaf en sal voortgaan om dit te doen.