Malema weer in die sop

Die organisasie, Judges Matter, bestempel die onlangse uitsprake van die EFF-leier, Julius Malema, oor die landdros van Oos-Londen, Twanet Olivier, as ‘n aanval op die regbank. Malema het Olivier van korrupsie en onbevoegdheid beskuldig, veral in haar hantering van sy saak oor die onwettige afvuur van ‘n vuurwapen. Die waghond oor die regbank beskou dit […]

Read More

Israel peper honderde Gaza-teikens

Israel het honderde teikens in Gaza uit die lug gemoker terwyl sy soldate ook teen Hamas-militante veg tydens strooptogte in die beleërde Palestynse enklawe, waar sterftes die hoogte inskiet en burgerlikes in haglike toestande vasgevang is. Gaza se ministerie van gesondheid sê 436 mense is die afgelope 24 uur in bombardemente dood, die meeste van […]

Read More

Gazza breek nuwe grond

Die bekroonde musikant Lazarus Shiimi, beter bekend as Gazza, gaan op Vrydag, 3 November, in New York optree by die Acoustik Garden Lounge. Kosmos 94.1 Nuus het met Gazza gepraat, wat tans in New York is, wat deel wat hy van hierdie week tot volgende week geskeduleer het. Gazza sê alles wat hy doen, is […]

Read More

Krieketgeskiedenis op pad

Krieketgeskiedenis sal môre gemaak word wanneer Namibië se Richelieu Eagles die Toetsnasie Zimbabwe vir die heel eerste keer op plaaslike bodem gaan aanpak. Die Castle Lite-reeks beloof ‘n opwindende T20-toernooi tussen die Eagles en die Chevrons, Zimbabwe se nasionale mansspan. Vyf kragmetings gaan elke dag vanaf môre tot Maandag by Wanderers en United gespeel word. […]

Read More

Vakleerlinge takel Namibia Wildlife oorde

Toeriste in Namibië kla gereeld oor die toestand van fasiliteite by Namibia Wildlife Vakansieoorde, die diens daar en die toegangspaaie, veral in die Etosha Nasionale Park. Die oorde se bestuur verwelkom nou ‘n span van 100 vakleerlinge van die Inter-kulturele Verhoudinge Stigting in Duitsland, wat sy span sal help met instandhouding asook vaardigheidsoordrag. Die vakleerlinge […]

Read More

Sout-konferensie kom Namibië toe

‘n Internasionale Sout-konferensie word vanaf 6 tot 9 November aan die kus aangebied. Dit is die eerste keer dat ‘n byeenkoms van belanghebbendes in die sout-bedryf in Afrika plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het meer gaan uitvind by Andre Snyman, die besturende direkteur van Walvisbaai Sout, wat sowat 1,3 miljoen ton sout per jaar produseer.

Read More

Zambië leer oor siviele registrasie

’n Afvaardiging van die Zambië Nasionale Registrasie-owerheid is op ’n vyfdaagse studietoer in Windhoek om meer te wete te kom oor Namibië se siviele registrasie, noodsaaklike statistiekstelsel en identiteitsbestuur. Die besoek volg op ‘n resolusie wat in April tydens die Zambië-Namibië Gesamentlike Permanente Kommissie oor Verdediging en Sekuriteit geneem is. Die afvaardiging sal verskillende plekke […]

Read More

Nuwe gebiede vir meter-opdaterings

Die Stad Windhoek kondig aan die elektrisiteit-voorafbetaalde meter opdateringspan sal vanaf vandag tot 17 November in Dorado Park en Hochland Park werksaam wees. Kliënte wat ongebruikte krediettekens voor die meter-opdatering gekoop het, word aangeraai om dit te herlaai omdat die meter dit na die opdatering nie meer sal aanvaar nie. Die span sal van Maandag […]

Read More

Bokke sien uit na All Blacks

Rugby: Dit is Saterdag  ʼn massiewe Wêreldbeker-eindstryd tussen die reuse van die Suidelike Halfrond, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die All Blacks het die afgelope naweek by die eindstryd ingewals deur Argentinië ʼn pak slae te gee terwyl die verdedigende kampioene, Suid-Afrika, naelskraap met een punt oor Engeland geseëvier het. Die assistent-afrigter van die Bokke, Deon Davids, […]

Read More

TransNambi steeds sonder HUB

TransNamib is steeds sonder ‘n hoof uitvoerende beampte sedert Johnny Smith by die staatsbeheerde entiteit bedank het. Smith het ‘n aanbod om aan te bly van die hand gewys omdat hy besig is met ander belange. Abigail Raubenheimer, TransNamib se korporatiewe kommunikasiebestuurder, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Webster Gonzo doen goeie werk as waarnemende […]

Read More