Bokke sien uit na All Blacks

Rugby: Dit is Saterdag  ʼn massiewe Wêreldbeker-eindstryd tussen die reuse van die Suidelike Halfrond, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die All Blacks het die afgelope naweek by die eindstryd ingewals deur Argentinië ʼn pak slae te gee terwyl die verdedigende kampioene, Suid-Afrika, naelskraap met een punt oor Engeland geseëvier het. Die assistent-afrigter van die Bokke, Deon Davids, sê hulle is opgewonde oor die groot stryd wat voorlê.